Wedvlugduiwe vlieg van Strydenburg

Só lyk dit wanneer wedvlugduiwe losgelaat word. Hierdie foto is tydens ’n vorige wedvlug geneem. (Foto verskaf.)

LEDE van die Oudtshoorn Posduifklub (OPK) het hul wedvlugduiwe Saterdag (1 Oktober) op Strydenburg in die Noord-Kaap losgelaat.

In die Junior-afdeling se wedvlug 31 en 32 het altesame agt duiwe van die klub se jongeling, MJ Pienaar, die wedvlugte voltooi.

Night Drop Racers (NDR) se duiwe het nie op hul laat wag nie, en vere in die oë van al hul teenstanders gevlieg. NDR se duiwe het die top-vier plekke in beide die senior-afdeling se wedvlug 31 en 32 ingepalm. ’n Duif elk van Anton Janse van Rensburg (JvR) en Klein Karoo Lofts (KKL) het onderskeidelik vyfde ingeklok.

Wedvlug 31-uitslae: NDR – 1, 2, 3, 4, 7, 9, 17, 24 en 29; JvR – 5, 23 en 25; KKL – 6, 12, 20, 27, 28 en 30; Dirk Greeff Lofts (DGL) – 8, 10 en 11; Thelma’s Loft – 13, 16 en 19; Ockie@Abe – 14, 15, 18, 21 en 26; Hannes Smit – 22.

Wedvlug 66-uitslae: NDR – 1, 2, 3, 4, 8, 9, 23 en 25; KKL – 5, 10, 11, 14, 20, 22, 24 en 29; JvR – 6, 7 en 12; Ockie@ Abe – 13, 15 en 27; Smit – 16; Thelma’s – 17, 19 en 30; DGL – 18, 21, 26 en 28.