Vyf van hier na krieketweek

OUDTSHOORN is goed verteen­woordig by die Standard Bank Streeksprestasiesentrum se o.16-krieketweek vanaf 23 Maart in Potchefstroom.

Die plaaslike spelers wat vir die span gekies is, is die kaptein van die span, Keanen Arries van Bridgton Senior Sekondêr, Reagen Botha van die Hoërskool Protea, Thursron Murphy van Bridgton Sekondêr, Stanley Mei van Aurial College, Romario Abdolf van Bridgton Sekondêr.

Elridge Booysen is die span se afrigter.