Op Saterdag, 18 Januarie, het die eerste Jukskeiwedstryd vir 2025 in Hartenbos afgeskop. Vyf Spanne van Oudtshoorn het deelgeneem.
Na afloop van die wedstryde is die Eden-spanne aangekondig wat op 1 Februarie 2025 by Interdistrikte kampioenskappe op Beaufort-Wes gaan deelneem.
Tien Spelers van Oudtshoorn is vir die span gekies. Drie van hierdie spelers is gekies as die kaptein van hulle onderskeie spanne.
Hulle is Florine Zeeman, Hercules Kritzinger en Antoinette van Wyk. Spelers van die dag was Bertus Nel, Ria Basson en Johan Ruthven.
Vyf Oudtshoorn Jukskei-spanne neem deel in Hartenbos
