Vyf atlete van Oudtshoorn se Nedbank Atletiekklub het Saterdag aan die Hartenbos Spar-lentewedloop oor 15 km en 5 km deelgeneem. Hulle is van links Geraldine Loftie Eaton, Johanna Jooste, wat die 5km-wedloop voltooi, en Kathy du Preez, Linda Smit en Sinead Hattingh wat die 15 km-wedloop gehardloop het.