Sakekamergholfdag

Die wenners van Woensdag, 14 Oktober se gholfdag van die Oudtshoorn Besigheidskamer was Hein Victor (naaslinks) en Hannes Smal (regs). By hulle is Gideon Badenhorst (links), klubkaptein, en Jaco Vorster van die besigheidskamer.   Foto’s:  Higgo Jacobs

Coenie Coetzee (links) en Frans Celliers, naaswenners van die Besigheidskamergholfdag.

Coenie Coetzee (links) en Frans Celliers, naaswenners van die Besigheidskamergholfdag.

Deur Higgo Jacobs
Hein Victor en Hannes Smal het die Oudtshoorn Besig-­heidskamer se gholfdag op Woensdag, 4 Oktober, met ’n telling van 47 punte gewen.

Coenie Coetzee en Frans Celliers (44 punte) was tweede. Die volgende drie spanne: Gideon Badenhorst en Johan Cornelissen; Fanie Greeff en Theo Fourie; en Liesl Neethling en Mirieke Broodryk, het al drie 43 punte behaal en was op ’n uittel onderskeidelik derde, vierde en vyfde.

George Fourie het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan en André van ­Greunen op die 12de.
Broodryk en Van Greunen het op die 12de spogtwees geslaan en Barries Griebenouw op die 15de.