DILL BILL’S KRIEKETAKADEMIE het Sondag, 31 Oktober sy eerste T5 vlakkiekriekettoernooi op Dysselsdorp gehou, wat vir groot opwinding gesorg het.
Die akademie is in 2019 deur Dillan Moos op die been gebring, met die oog daarop om terug te ploeg in die jonger gemeenskap, veral met kinders wat uit minderbevoorregte areas kom, deur die sport van krieket.
Sedertdien het die akademie van krag tot krag gegaan.
Met die akademie se eerste T5 vlakkiekriekettoernooi op Dysselsdorp, het sewe spanne altesaam deelgeneem. Elke span kry vyf boulbeurte om hul staal te wys.
In die einstryd het die BK Stars teen die Johnsie Boys gespeel. Die Johnsie Boys het eerste gekolf en 31/5 in hul boulbeurte aangeteken. Op hul beurt het die BK Stars 32/1 in slegs drie boulbeurte aangeteken. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Vlakkiekrieket op Dysselsdorp
Die spanne wat in die eindstryd meegeding het saam met organiseerders van die toernooi. Die BK Stars, in grys, het die Johnsie Boys (in geel) uitoorlê. (Foto verskaf)