Garnett Wicomb (76)
’N DROOM het waar geword vir Garnett Wicomb, bekende veteraan-tennisspeler van Oudtshoorn, deurdat hy gekies is vir een van Tennis Suid-Afrika (TSA) se Super Seniorspanne wat eersdaags aan die Wêreld Tennis Spankampioenskappe in Amerika gaan deelneem.
Hy is een van vier spelers in sy ouderdomsgroep in TSA se Seniorsdivisie wat van 8 tot 13 Oktober in Orlando, Florida, gaan meeding.
Wicomb sê hy is in ’n wedloop teen tyd gewikkel om betyds ’n visum te kry.
Volgens Wicomb verskaf TSA slegs ’n sweetpak aan spanlede, en is hy self vir vliegtuigkaartjies en verblyf in Amerika verantwoordelik.
Hy sê hy sal dit baie waardeer as daar enigeen is wat ’n bydrae tot sy uitgawes wil lewer. Sy selnr is 0724686456 en sy Absa-tjekrekeningnr 0105 4050 255.