SWD Krieket se hoëprestasieafrigters is van links Jonathan Beukes (krieket-prestasiebestuurder), Douglas Baartman (o.13 en o.11), Gurs-hwin Rabie (akademie en o.19), Eduard Strydom (o.17 en o.15), Shaun Pretorius (vrouespan en o.19-meisiespan) en Garry Hampson (afrigtersbestuurder).
SWD Krieket het onlangs afrigters aange-wys vir die verskeie ou- derdomsgroepe as deel van sy nuut gevestigde provinsiale afrigtings-raamwerk.
Dié afrigters sal verantwoordelik wees vir die ontwikkeling en implementering van ’n elite afrigtingsprogram vir die onderskeidelike groepe. Hulle sal ook verantwoordelik wees vir alle aspekte van die nuwe Spelersprestasie-span en sal saamwerk met sleutel rolspelers by skole, klubs en opleidingssentrums.
Die kandidate was vroeër vandeesmaand ook op ’n SA Vlak 3 geakkrediteerde afrigtingskursus by die High Performance Sentrum in Pretoria.
Eduard Strydom, o.17- en o.15-afrigter, sê dit was baie leersaam.
Bekende oud Proteas soos Alan Donald, Ashwill Prince en Morné van Wyk was ook deel van die groep. “Vir ons om in dieselfde vertrek as dié krieketlegendes te kon wees, was ’n groot voorreg. Die kennis en ervaring van video-analises, spandinamika en talentidentifisering wat hulle met ons gedeel het, is vir ons van groot waarde.”
Die afrigters ontvang hul SA Vlak 3-afrigtingssertifikaat volgende jaar.