Verlindes wen virtuele parkrun

BERT VERLINDE was Saterdag se wenner van die derde virtuele Oudtshoorn Parkun in ’n tyd van 18 minute 49 sekondes, met Daniel Seha (20:57) tweede en Chris Oertel (22: 03) in die derde plek.

Melanie Verlinde se tyd van 22 min 21 sek was die vinnigste van die vroue met Bianca Malnas (23;32) tweede en Tarren Julklies (23:48 derde.

Hierna het gevolg Francois le Roux (27:20), Conrad Jullies (27:45), Bart Saaiman (28:12), Johann Coetzer (29:28), Cobus Malan (29:47), Annemarie le Roux (30:28), Abraham Hendricks (31:00), Newald Groenewald (32:55), Sylvia le Roux (35:52), Belinda Muller (40:02), Leonie Stuurman (40:02), Hestia Burger (43:41), Hildegard Bruwer (51:13), Echbert le Roux (52:59), Garnett Wicomb (55:06).

Tarren Jullies het die vorige Saterdag die vinnigste tyd aangeteken in die tweede nie-amptelike virtuele Oudtshoorn Parkrun. Jullies se tyd was 23 min 51 sek terwyl Bianca Malan die tweede vinnigste tyd (24 min 10 sek) aangeteken het.

Rozanne Theart was derde in ’n tyd van 26 min 6 sek. (Deur Garnett Wicomb)