YARON VENTER(20 min 9 sek) en Bianca Malan (22:56) was Saterdag weer die vinnigste deelnemers aan die 247ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed.
Die 14-jarige Jaco Pretorius (22:18) was soos verlede week weer die vinnigste van die juniors.
Die ander voorste deelnemers was Eddie Mouton (20:12), Leon Marais (20:58), Thys Jamneck (21:22), Francois Verwey (22:02), Ivan Wilkens (22:31), Hardus Viljoen (23:07), Manie Conradie (23:39), Greens Groenewald (24:11), Christo Niemand (24:18), Nathan Gray (24:30), Imiel Viljoen (24:34) en Tarren Jullies (24:54). (Garnett Wicomb)