Veerpyltjie-aksie in Oudtshoorn

GC Liebenberg, JP Schoeman en Diederick Lerm van die Volkano veerpyltjiespan wat verlede Saterdag die wenners van die kompetisie was. Foto: Lindi Brill

Die Vipers Veerpyltjieklub het verlede Saterdag, 30 September, ’n kompetisie aangebied by die Oudtshoorn Country Club.

Die kompetisie was vir besighede wat spanne van 3 ingeskryf het. Daar was ’n totaal van 13 spanne wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Die eerste plek is gewen deur die Volkano-span. In die tweede plek was die span van SSK-chemicals en hulle spanlede was Lee-Shane Swartbooi, Shaden John en Donevin John.
Donevin John het ook die prys gekry vir die meeste 180’s gegooi, ’n totaal van 5. (Deur Lindi Brill)