Vakansieprogram vir leerders

Die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport het verlede week sy vakansieprogram afgeskop by die Bridgton Basketbalbaan. Die program verander weekliks van venue om soveel moontlik leer-ders van die gemeenskap te betrek.            Foto: Wyndham Ewerts

Die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport het verlede week sy vakansieprogram afgeskop by die Bridgton Basketbalbaan. Die program verander weekliks van venue om soveel moontlik leerders van die gemeenskap te betrek. Foto: Wyndham Ewerts

Deur Wyndham Ewerts
DIE Wes-Kaapse Departement van kultuursake en sport bied tydens die Junie-skolevakansie ’n vakansieprogram vir leerders van die Groter Oudtshoorn aan.

Die eerste gedeelte van die program is van 25 tot 29 Junie by die Bridgton Basketbalbaan aangebied.

Die tweede gedeelte van die program is van 2 tot 6 Julie op die oop stuk veld by die Toekomsrus Kliniek, en die derde en laaste gedeelte is van 8 tot 12 Julie by Polisiehoogte in Bongulethu.

Die program bied nie net hope pret vir leerders nie, maar is ook opvoedkundige van aard.

Die program is daagliks van 10:00 tot 14:00.

Volgens Hedrin Tiemie, hoofafrigter van die departement se sportafde­ling op Oudtshoorn, is dit belangrik om die leerders gedurig te stimuleer tydens vakansietye omdat ledigheid die duiwel se oorkussing is.

Verskillende sportsoorte soos basketbal, tennis, dans en sang word aangebied en die leerders kry daag-liks ’n appel en ’n toebroodjie.

• Die departement van kultuur en sport bied elke jaar tydens skoolva-kansies programme aan met die ve-nues wat voortdurend verander.