Moonlight wen

Alet Groenewald wat Saterdag lid geword het van Parkrun Klub 50 deurdat sy haar 50ste Parkrun by die Surval Olyflandgoed voltooi het.  Foto: Garnett Wicomb

Alet Groenewald wat Saterdag lid geword het van Parkrun Klub 50 deurdat sy haar 50ste Parkrun by die Surval Olyflandgoed voltooi het. Foto: Garnett Wicomb

Deur Higgo Jacobs
DIE Moonlight Sokkerklub was Saterdag die wenner van die uitklopwedstryde wat as deel van die Oudtshoorn Sportfees op Dysselsdorp aangebied is.

Die deelnemende klubs was Oriented Birds van Plettenbergbaai, Eastern City van George, FC United van Knysna, Peace Makers van Mosselbaai, Barcalona van De Rust, Moonlight van Dysselsdorp, die Infanterie- skool en Bongolethu Stars.

Die volledige uitslae is soos volg:
Peace Makers wen Barcalona 2-1; FC United wen Infanterieskool 5-2; Moonlight wen Oriented Birds 3-1; en Eastern City wen Bongolethu 6-1.

Moonlight het Peace Makers in die eindstryd met 2-1 geklop.