Union Stars-vroue is sterre!

Union Stars se vrouespan wat die SWD Vroueliga Sondag gewen het. Regs op die inlas is Haroldine Rhodes, kaptein van Union Stars. Haroldine het puik gespeel en met met kolf en bal geskitter.

Union Stars se vrouespan wat die SWD Vroueliga Sondag gewen het. Regs op die inlas is Haroldine Rhodes, kaptein van Union Stars. Haroldine het puik gespeel en met met kolf en bal geskitter.

Deur Ben du Preez
UNION STARS se Vrouekrieketspan het Sondag (26 Februarie) se titel in die SWD Vroueliga behou deur die span van Western Hope met 172 lopies te verslaan.

Haroline Rhodes, kaptein van Union Stars, was in uitstekende vorm met kolf en bal. Sy het 113 lopies (152 balle, 5×4) geslaan en ses paaltjies vir slegs 19 lopies van 9,4 boulbeurte af laat kantel.
Union Stars het eerste gekolf en 228 lopies op die telbord geplaas met 8 paaltjies plat.

Naas Rhodes het Monique Booysen (46) die beste met die kolf gevaar. Yolande Saaiman was met syfers van 4/39 Western Hope se beste bouler.

Western Hope se kolwers is daarna vir slegs 56 lopies in 29,4 boulbeurte uitgeboender. Van die span se kolwers het Elzaan Pietersen die beste gevaar met 21 lopies.

In Stars se boulbeurt is Rhodes goed bygestaan deur Jane Winster met syfers van 2/13.