Pieter Stuurman het sy span aangevoer tot ’n oorwinning met ’n kapteinsbeurt van (75*).
Deur Wyndham Ewerts
UNION STARS het Saterdag in sy eerste SWD Premierligawedstryd vir Ramblers van George op die Bridgton Sportgronde met 6 paaltjies geklop.
Die besoekers, wat gekies het om eerste te kolf, het 215 lopies almal uit aangeteken.
Union Stars se kaptein Pieter Stuurman (75*) en Joviano Tock (39*) het die teiken in die 39ste boulbeurt verbygesteek om aan Union Stars ’n gemaklike oorwinning te besorg.
Stuurman sê dat hy baie trots op die twee jonge-linge Tock (paaltjiewagter) en Tyrese Carelse (veelsydige speler) vir hul goeie spel. Albei spelers is vanjaar die eerste keer vir die A-span gekies.
• In nog SWD Premierligawedstryde het Mosselbaai vir Western Hope geklop en Harlequins Forces teen Ramblers verloor.