Strawwe mededinging op gholfbaan!

Etienne Roos (middel) was saam met Lollies van Rensburg (afwesig toe foto geneem is) die wenners van Oudtshoorn Besigheidskamer se geborgde gholfdag. Links staan die vise- klubkaptein, Louis Fourie en regs Stef Nel van Signa Academy wat die dag geborg het.
Foto: Higgo Jacobs

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Besigheidskamer se 4BBB stablefordgholfdag op Woensdag, 3 Oktober, is gewen deur Lollies van Rensburg en Etienne Roos met ’n telling van 43 punte.

Die tweede en derde plekke is op ’n uittel ingeneem deur Francois Verwey en Barries Griebenouw, en Louis Fourie jr en Kirsten Bredenkamp, almal ook met 43 punte.

Hierna het gevolg W Phillipus en André Plaatjies, (42) en Deon Barnard en Gideon Badenhorst (41).

George Fourie het op die 3de putjie die naaste aan die pen geslaan en Plaatjies op die 12de. Spogtwees is aangeteken deur Frans

Celliers op die 3de putjie, Verwey op die 12de en Ferdie Jonck op die 15de.

• Die gholfdag is geborg deur Signa Academy.