ULRICH Rademeyer was verlede Saterdag met sy 28ste deelname aan parkrun die wenner van die 364ste Oudtshoorn Parkrun by Surval.
Die 12-jarige Stiaan van Wyk was tweede en die junior wenner was Briana Pelham, wat in die 5de plek klaargemaak het. Sy was ook die vrouewenner. André du Toit het Saterdag die mylpaal van sy 50ste parkrun bereik.
Die twintig vinnigste deelnemers van die dag se 53 deelnemers was Ulrich Rademeyer (20:18), Stiaan van Wyk (20:52), Ruhan Els (23:10), Briana Pelham (23:55), Phillip du Plessis (24:53), Markus Mostert (26:03), Hoon Hannes (26:07), Alrie Eloff (26:25), Willem Burger (27:39), Malan Engelbrecht (27:39), André du Toit (28:07), Abraham Patrick (28:42), Ilke van Huffel (28:53), Albertus Kennedy (29:12), Arjan Blignaut (29:19), Alexander van Wyk (29:33), Karin Burger (30:18), Hans Blignaut (30:47), Catherine Waite (31:42) en Alfred Short (31:43). (Deur Garnett Wicomb)
Ulrich wenner van Parkrun 364
