
LAERSKOOL Laurus het verlede naweek ’n ses-aan-’n-kant-kriekettoernooi aangebied wat deur Laerskool Wesbank gewen is.
Lian Verwey is as kolwer van die dag aangewys. Laerskool Laurus het die tweede plek gewen, met Acelino Beukes wat as bouler van die dag aangewys is.
In die derde plek was Laerskool Nico Brummer van Beaufort-Wes. (Deur Lindi Brill)