Uitvoerende bestuur van OSI gekies

Die nuwe bestuur van die OSI is van links Susan Juta, Pienaar Muller, Lluwellyn Coetzee (verteenwoordiger van die Oudtshoorn Munisipaliteit), Wilma Pienaar, Hans van der Veen en Fikile Blauw (Groter Oudtshoorn Sportraad). Afwesig: Abri Ferreira (verteenwoordiger van die Besigheidskamer). Foto: Lindi Brill

Die nuwe bestuur van die Oudtshoorn Sport Inisiatief (OSI) is verlede Woensdag op hul jaarvergadering by Kleinplaas gekies.

Die OSI is op 7 Junie op die been gebring en is daarop gemik om Oudtshoorn weer as “Sport Mecca” in die streek en provinsie te vestig. Dit is ook gefokus op die samewerking tussen verskeie instansies om suksesvolle sporttoerisme op die dorp en die aanbieding van suksesvolle byeenkomste, wat positiewe finansiële gevolge vir die dorp kan inhou, te bewerkstellig.

Die nuwe bestuur bestaan uit Wilma Pienaar (voorsitter), Pienaar Muller (ondervoorsitter), Hans van der Veen (sekretaris), Susan Juta (tesourier), Lluwellyn Coetzee (verteenwoordiger: Groter Oudtshoorn Munisipaliteit), Fikile Blauw (verteenwoordiger: Groter Oudtshoorn Sportraad) en Abri Ferreira (verteenwoordiger: Besigheidskamer). (Deur Lindi Brill)