
Deur Ben du Preez
DANIE MURRAY, sameroeper van die Oudtshoorn Legends, nooi alle Legends-lede (oud-rugbyspelers van die SWD, SARU en Federasiespelers) om hom te kontak by 074 367 5372 vir kaartjies vir die komende Supersport Rugby Challenge, wat Sondag (25 Junie) op die Bridgton Sportgronde plaasvind.
Die kaartjies, wat geborg word deur Hennie Baartman, president van die SWD Arende Rugbyunie, kan vanaf 09:30 afgehaal word by die Bridgton Sportgronde.
Spanne wat in die toernooi gaan speel, is die Evergreens teen Hawston (11:00), Bridgton teen Progress (13:00) en die hoofvoorwedstryd met die SWD Arende teen die DHL Stormers om 15:00.
Bridgton en Progress se B- en C-spanne pak mekaar vanaf 08:30 op die C-veld.
• Die nuwe komitee wat gekies is om die Legends weer aan die gang te kry in Oudtshoorn is Hermanus Strydom, Jerome Jantjies, Hilton Stols en Reginald da Silva.
Japie Coetzee is verkies tot die interim-be-stuurder.