Tweekamp-aksie in Oudtshoorn te sien

Die Highgate Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms gaan op 3 Februarie by die De Jager Sportkompleks en die NA Smit swembad in Oudtshoorn plaasvind. Foto: Lindi Brill

IN 2024 word die DCAS/GROTER OUDTSHOORN/HIGHGATE Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms weer op 3 Februarie op die De Jager Sportkompleks-atletiekbaan en die NA Smit Swembad in Oudtshoorn, aangebied.

Danksy Eden Tweekamp se hoofborge, Wes-Kaap Departement van Kultuursake & Sport, Highgate Volstruisplaas, Oudts-hoorn Munisipaliteit en Wimpy, asook ’n paar sekondêre plaaslike borge, gaan hierdie byeenkoms weer beloof om ’n hoogtepunt te wees.

Dit is naas die SA Kampioenskappe die grootste tweekampbyeenkoms in Suid-Afrika. Sewe provinsies gaan deelneem aan hierdie byeenkoms, naaamlik WP, OP, Boland, Grens, Vrystaat, Griekwaland-Wes en Eden.

Hierdie byeenkoms lewer ’n groot inspuiting vir die ekonomie van Oudtshoorn en die streek. Van die land se topatlete is hier te sien wat regmaak vir die SA Kampioenskappe wat in 2024 in Bloemfontein gaan plaasvind. Daar is ook ’n amptelike skolekompetsie en van Eden se laer- en hoërskole is van die topskole in Suid-Afrika.

Op 5 Maart gaan die Highgate Eden Tweekamp Kampioenskappe ook in Oudtshoorn plaasvind.
Vir meer inligting kan Dave van der Walt by 082 773 4901 / davesusvdw@gmail.com gekontak word. (Deur Lindi Brill)