DIE Oudtshoorn Gholfklub het hul nuwe bestuur verkies vir 2024.
Paul Stroebel is weereens verkies as president van die klub, terwyl Makka Swart as klubkaptein verkies is. Rudi Mortlock is verkies as onderkaptein.
Die Addisionele lede wat verkies is, is Anneline Badenhorst, Jean Neethling, Ronelle Huysamen, Jurie Neetling, Rudi Mortlock en Marius Wilken.
Swart sê dat hul belofte as die bestuur aan die lede is om met integriteit en entoesiasme die gholfbaan te dien en uit te bou. Swart het ook genoem dat die klub verseker ook groot en opwindende planne het vir al die junior en jong spelers vir die jaar. (Deur Lindi Brill)
Bestuur van Oudsthoorn Gholfklub vir 2024 verkies
