Die twee broers, Marcell en Zander Petzer, is die 2024 mansdubbel klubkampioene van die Wesbank Tennisklub nadat hulle Saterdag vir Dirkie Potgieter en Jacques de Beer in ’n spannende eindstryd geklop het.
Die twee broers het die eerste stel met 6-4 gewen, maar moes alles uithaal om die tweede stel na ’n lang uitkloppot (13-11) met 7-6 te wen.
Marcell het sy enkelspeltitel behou nadat die 13-jarige Fourie Delport hom weens ’n skoletoer aan die toernooi onttrek het.
Die voorsitter van Wesbank Tennisklub, Louis Uys, het Pam Golding Eiendomme bedank vir die borgskap van die toernooi.
Twee titels vir Petzer-broers in Wesbank klubkampioenskap
Bo: Marcell en Zander Petzer met hul trofee saam met Louis Uys, voorsitter van die Wesbank Tennisklub.
Foto en berig deur: Garnett Wicomb