Struisies wen 7’s rugby-toernooi
Die o.14 en o.15-sewesspanne van Hoërskool Oudtshoorn het 30-31 Augustus aan die Montagu 7’s-toernooi deelgeneem, waar hulle teen verskillende skole van die Wes-Kaap gespeel het. Die o.15-span het die toernooi gewen, en die o.14-span het ’n derde plek behaal in die o.15-kategorie. Op die foto is die trotse o.15 7’s span van Struisies met hul beker.
Foto: Verskaf