Agt van Langenhoven Gimnasium se leerders het Saterdag, 31 Augustus, die jaarlikse Vaardigheidskompetisie wat deur die WKOD aan- gebied word, in die Kaap bygewoon.
Die leerders het die naweek in die Kaap geniet en hulle het uitstekend presteer. Vir Elektriese Tegnologie het Stefan Meyer 2de plek behaal en Kayden Chandler het weggestap met die 1ste plek.
Vir Meganiese Tegnologie het AJ de Jager 2de plek losgeslaan en die 1ste plek is deur Gerrit Maritz gewen.
Anke Hunlun het die 3de plek in Gasvryheidstudies behaal. (Deur Lindi Brill)