Twee SA rekord spat by tweekamp op Oudtshoorn

Swemaksie tydens Saterdag se interprovinsiale tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn.

Swemaksie tydens Saterdag se interprovinsiale tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn.

Dave van der Walt (regs) ontvang ’n spesiale toekenning vir sy jarelange diens en toewyding aan SWD Tweekamp van Johan Keller van Highgate Volstruisplaas.  (Foto verskaf.)

Dave van der Walt (regs) ontvang ’n spesiale toekenning vir sy jarelange diens en toewyding aan SWD Tweekamp van Johan Keller van Highgate Volstruisplaas. (Foto verskaf.)

Deur Higgo Jacobs
TWEE SA rekords, asook agt byeenkomsrekords het Saterdag in die slag gebly tydens die interprovinsiale tweekampbyeenkoms op Oudtshoorn.

Altesame 512 atlete van sewe provinsies het sake op die atletiekbaan en in die swembad uitgespook. Die spankompetisie is deur WP gewen met Boland tweede en SWD derde.

Tydens die opening van die byeenkoms Sater-dagoggend het Colan Sylvester, burgermeester van Oudtshoorn, beklemtoon dat die stadsraad alles in sy vermoë doen om Oudtshoorn aantreklik te maak vir alle sportsoorte en om nasionale byeenkomste na Oudtshoorn te lok.

Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, het tydens die prysuitdeling die aand gesê dit is een van haar departement se prio-riteite om sport op die platteland te bevorder en talentontwikkeling te stimuleer.

• As ’n blyk van waardering het die suideliketweekampprovinsies vir Dave van der Walt, uitgetrede voorsitter van SWD Tweekamp, vereer vir sy groot bydrae tot tweekamp en ander sportsoorte nie net in die SWD nie, maar ook landwyd.

Hy is as voorsitter opgevolg deur Stephnie McKay.

Johan Keller van Highgate Volstruisplaas het bekend gemaak dat ’n lokaal op Highgate ingerig gaan word waar al die trofees van die jaarlikse Oudtshoorn-byeenkoms sowel as trofees van SA Tweekamp uitgestal gaan word. Highgate het ’n lang verbintenis met die betrokke byeenkoms.