Daryl Impey, wat in January die Tour Down Under in Australië gewen het, het gister die goue medalje en ’n “volstruisprys” gewen in die tydtoets vir elite manstydtoets by die SA Padfiets- en Tydtoetskampioenskap wat Dinsdag op Oudtshoorn begin het en Sondag eindig. Impey het die tydtoets oor 43,8 km in ’n tyd van 52 min 26 sek gewen. By Impey is sy seun Callum (2) wat dadelik sy pa se volstruisie opgeëis het. Ryan Gibbons was tweede in 54:54 en Rohan du Plooy derde in 59:26. Impey neem Saterdag aan die padren vir elite mans oor 154,80 km deel. Die padren begin om 10:00 in Voortrekkerweg langs die Oudtshoorn Sportgronde en volg dan ’n sirkelroete wat die pad deur Volmoed en ’n gedeelte van die Mosselbaaipad insluit. • Impey het al ’n skof van die Tour De France gewen en tydens 2013 se Tour twee skofte lank die geeltrui as algehele voorloper gedra. Foto: Schalk le Roux

Fienie Barnard, bekende fietsryer, het gister by die SA Tydtoets- en Padfietskampioenskap wat van Dinsdag tot Sondag op Oudtshoorn plaasvind, die goue medalje gewen in die vroue-afdeling vir veterane van 40-44 jaar oud. Barnard het die afstand van 29,20 km in ’n tyd van 46 min 37 sekondes afgelê.