Twee agtereenvolgende oorwinnings vir All Blacks Rugbyklub op Oudtshoorn
Die All Blacks Rugbyklub (swart truie) van Oudtshoorn het oor die afgelope twee weke beide hul SWD Superliga B-wedstryde gewen, elkeen op Oudtshoorn. In die A-span se kragmeting teen Albertinia Rugbyklub se A-span (links bo) Saterdag op die Oudtshoorn Sportgronde, bekend as die ‘Rec’, het die All Blacks 33 - 20 seevier. Op 10 September het die All Blacks teen Collegians Rugbyklub, ook van Oudtshoorn, te staan gekom. Die All Blacks het hierdie wedstryd, gespeel op die Bridgton Sportgronde - bekend as die Plate - met 42 punte teenoor 21 gewen. Foto’s: Ebenezer Titus