Nege van Laerskool Wesbank in SWD rugbyspanne

’n Totaal van nege leerders van Laerskool Wesbank op Oudtshoorn is onlangs gekies om óf die o.12 óf die o.13 SWD rugbyspan te verteenwoordig. Voor van links is Dawid Snyman, Hendré Botes, Néhan Botha en Zerwich Westraad. Agter van links is Franco Pienaar, Gerrit Janse van Rensburg, Ruben Pienaar, Fagon Hendricks en Andreas Gouws. Hendricks is in die SWD o.13 7’s-span opgeneem en ook aangewys as kaptein van die span. (Foto verskaf)