Titans wen die 10’s-toernooi in Uitenhage

Die Roosters het Saterdag aan die 10’s-rugbytoernooi in Uitenhage deelgeneem en ’n indrukwekkende pad tot in die eindstryd voltooi.

In die halfeindstryd het hulle kragte gemeet teen die Grizzlies in ’n stywe wedstryd wat tot die laaste minuut beslis is. Die Roosters het vasgebyt en uiteindelik met 12–10 geseëvier om hul plek in die finaal te verseker.

Spanne van die klein Karoo het deelgeneem aan die toernooi asook die Karoo Forces het ook deelgeneem. Die toernooi was gespeel deur 18 spanne.

In die eindstryd het die Roosters die veld betree teen die Titans, ’n span van Uitenhage wat sterk steun van die plaaslike ondersteuners geniet het. Die Titans het die wedstryd oorheers met ’n stewige verdediging en skerp aanvalle.

Ten spyte van die Roosters se dapper poging, het die Titans die finaal gewen en die toernooi-titel vir hulself geëis. Vir baie van die spelers was dit ’n groot gebeurtenis, aangesien dit die eerste keer was dat hulle in Uitenhage se 10’s-toernooi gespeel het. Die ervaring was waardevol, en die Roosters kan trots wees op hul prestasie en veggees deur die dag. (GRANWILLE GOLIATH)