Ben van Wyk (middel) is die nuwe ope kampioen, saam met Louis Fourie (links) onderkaptein van die klub, en Winston Coerecius president. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
’N 17-JARIGE gholfspeler van Fancourt Country Club op George, Ben van Wyk, is Sondag gekroon as die ope-kampioen van Oudtshoorn Gholfklub.
Sy telling oor 36 putjies was 138 houe. Dit is ses onder baansyfer. Hy sê hy speel al gholf vandat hy ses jaar oud is.
Llewellyn Rheeder (149 houe) het onder die plaaslike spelers die beste gevaar.
Ockie Horowitz (168 houe) het afd B gewen.
Altesame 48 spelers het deelgeneem.