Bonuspunt vir Dysselsdorp

Granfried May, senter van die Bridgton Rugbyklub wat Saterdag op die Bridgton Sportgronde (Plate) twee drieë gedruk het in Bridgton se wedstryd teen Evergreens van George. Evergreens het die wedstryd net-net met 27-25 gewen.        Foto: Ebenezer Titus

Granfried May, senter van die Bridgton Rugbyklub wat Saterdag op die Bridgton Sportgronde (Plate) twee drieë gedruk het in Bridgton se wedstryd teen Evergreens van George. Evergreens het die wedstryd net-net met 27-25 gewen. Foto: Ebenezer Titus

Deur Garnett Wicomb
DIE A- sowel as B-span van Dysselsdorp Rangers het Saterdag met ’n bonuspunt gewen in hul SWD Karooligawedstryde teen Calitzdorp.

Die A-span het met 27-16 gewen nadat hy rus-tyd reeds met 20-9 voor was. Davestin Esau, heel-agter, het twee drieë vir Rangers gedruk en Lee Roy Jansen, flank, en die 19-jarige Shawandré Lewis, skrumskakel, elkeen een.

Lewis is ook as Speler van die Wedstryd aan-gewys.

Donnie Makonie, senter, het met ’n doelskop en strafdoel geslaag terwyl Patrick Jaftha, vleuel, ook ’n drie verdoel het.

Lewis, Makonie en Jason Jantjies, losskakel, was die uitblinkers onder die agterspelers. Onder die voorspelers het Jansen en André Fredericks, slot, hul harte uitgespeel.

Rangers B het Calitzdorp se naasbestes met ­  37-10 kaf gedraf en in die proses sewe drieë gedruk. Die agtsteman W Cloete het twee van die drieë gedruk en Hennestie Onckers, flank, Da-nielo Antonie, losskakel, Sherwin Schoeman, skrumskakel, Cheslin Saptou, slot, en Chris Prins, haker, elkeen een.

Saptou het ook met ’n doelskop geslaag.

• Die tweede ronde van die SWD Karoostreekliga skop Saterdag af wanneer Dysselsdorp op sy tuisveld teen White Roses van Uniondale speel.