Willie en Suyen Thysse se wedvlugduiwe het Saterdag Oudtshoorn Duiweklub se ope 1- en ope 2-wedvlugte vanaf Kimberley oor 585 km gewen.
Die uitslae van die ope 1-wedvlug is: Thysses – 1, 8 en 13; Night Drops – 2, 3, 10, 12, 14 en 16; Lipstick Hokke – 4, 6, 7, 9, 19 en 20; en Ockie en Abe – 5, 11, 15, 17 en 18.
Die uitslae van die ope 2-wedvlug is: Thysses – 1, 3, 4, 5, 8, 10 en 16; Lipstick Hokke – 2, 6, 7, 11, 14 en 18; Night Drops – 9, 12, 15, 17, 19 en 20; en Ockie en Abe – 13.