Cobus van der Merwe van die Klein Karoo Posduifklub se duiwe het Saterdag albei die wedvugte vanaf Kimberley in die ope-afdeling gewen.
Die wenduif is 07:15 in Kimberley losgelaat en het na 586 km om 12:59 ingeklok.
Uitslae van ope 1-afdeling: Van der Merwe – 1, 3, 5, 10 en 11; George Erasmus – 2, 4, 6, 14 en 19; Tobie Ellis – 7, 8, 9 en 20; Dirk Greeff – 12, 13, 15, 16 en 17; en Hannes Smit – 18.
Uitslae van ope 2-afdeling: Van der Merwe – 1, 4, 7, 15, 16, 17 en 18; Greeff – 2, 3, 5 en 19; Erasmus – 6, 8, 9, 12, 13, 14 en 20; en Ellis – 10 en 11.