Fransie van Rooyen, agtsteman van ’n proefspan van Langenhoven Gimnasium, rek oor vir ’n drie in die proefspan se wedstryd teen Kingswood, ’n skole-toerspan van Engeland. Die Gimmies het die wedstryd op Leeupark, hoofveld van hul skool, met 36-27 gewen. ’n Tweede Gimmiespan het Kingswood met 19-12 geklop. Foto’s: Ebenezer Titus

