Program om atlete te ontwikkel

Atlete en fasiliteerders tydens die werskwinkel van die Klein Karoo Atletiekfonds waartydens atlete touwys gemaak is oor hoe om hul vaardighede te ontwikkel en te verbeter.

DIE Klein Karoo Atletiekfonds (KKAF) het as deel van sy visie om atletiek te bevorder met ’n program afgeskop om atlete holisties te ontwikkel.

Die kollig by die eerste van ’n reeks werkswin-kels op Woensdag, 7 Augustus, by die Eden Sport-akademie op Oudtshoorn het geval op “ken me- kaar”. Die atlete wat deur die KKAF ondersteun word en die trustees en ondersteuners van die fonds het saamgekom om meer van mekaar te leer.

Die kenmekaar is gekombineer met ’n luistervaardigheidsoefening gefasiliteer deur Hans van der Veen wat almal aan Otto Scharmer se vier vlakke van luister bekendgestel het.

As praktiese toepassing is almal in klein groe-pies opgedeel waartydens atlete en KKAF-­ondersteuners inligting oor hulself met mekaar ge-deel het. Die uitkoms was ’n gevoel van groter samehorigheid en begrip vir mekaar.

Die werkswinkel is afgesluit met ’n geleentheid vir elkeen om terugvoering te gee oor hul ervaring.
Die fasiliteerders wat Van der Veen bygestaan het, is Carien Loubser, David McKinnon, Yaron Venter, Wilhelm Kuun, Mandy Alexander, Elea-nore de Bruyn en Dave van der Walt.

Volgens Van der Walt sal ’n werkswinkel elke maand as deel van die program aangebied word met die klem elke keer op die ontwikkeling van ’n ander vaardigheid.