Damian Januarie aangewys as Speler van die Wedstryd

Damian Januarie, losskakel van All Blacks se A-span wat Saterdag in sy span se SWD Presidentsligawedstryd (Karoostreek) teen Oudtshoorn Rugbyklub op die Rec twee drieë gedruk het en as Speler van die Wedstryd aangewys is. All Blacks het die wedstryd met 19-12 gewen nadat hulle halftyd 14-12 voor was. All Blacks se ander puntemakers was Nathan Baartman (heelagter) wat ook ’n drie gedruk het, en JP van Vught wat met twee doelskoppe geslaag het. Foto: Ebenezer Titus