Thysses se duiwe vlieg weer voor

Deur Higgo Jacobs
DIE duiwe van Willie en Suyen Thysse het Saterdag weer voor ge-vlieg in die Oudtshoorn Duiwe­klub se twee wedvlugte vanaf Colesberg oor ’n afstand van 417 kilometer.

Hul duiwe het eerste plekke in die ope-afdeling sowel as in die afdeling vir jaaroudduiwe behaal.

Die uitslae van die ope-afdeling is: Thysses – 1, 2, 5, 9, 11, 12, 13, 15 en 20; Raubenheimer Broers – 3, 8, 10 en 18; Johan de Jager – 4, 7, 16 en 19; Cobus Matthee – 6; JC Barnard – 14; en Johan Whyte – 17.

Die uitslae van die afdeling vir Jaaroudduiwe is: Thysses – 1, 3, 5, 6, 15 en 19; Johan de Jager – 2, 10, 11, 16 en 18; Cobus

Matthee – 4; Charl Erasmus – 7, 8 en 13; Johan Whyte – 9 en 14; en Raubenheimer Broers – 12, 17 en 20.