Soldaat wen Parkrun

Deur Garnett Wicomb
PATRICK Peters (51) van die Oudtshoorn Infanteriekool het met ’n vinnige tyd van 20 min 20 sek Saterdag se 170ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed gewen.

Greens Groenewald was tweede in 22:38 en Christo Niemand derde in 22:49.

Henry Carstens het Saterdag ’n besonderse mylpaal bereik deurdat hy sy 150ste Parkrun voltooi het. Hy was vierde in 23:03.

Dave van der Walt (23:50) was vyfde.

Linelle Groenewald (24:12) was 6de en die eer-ste vrou oor die eindstreep.

Die 11-jarige Reghardt Wolmarans (30:43) was die eerste junior.

Daar was Saterdag altesaam 87 deelnemers.