Tennislegende se lewe gevier

Ronnie Strydom

‘n Rondomtalie tennisaand word vanaand by die Wesbank Tennisklub aangebied om die lewe van een van klub se oudste tennisspelers en erelid, Ronnie Strydom (82), te vier.
Strydom het sy lang stryd teen kanker verlede Vrydag verloor.
Hy was een van die klub se beste tennisspeleres wat ook SA kleure verwerf het.
Sy lewensfeesviering geskied vanmiddag tydens ‘n roudiens in die NG Kerk Wes om 14:30
Sy seun, Piet, nooi alle tennisspelers om vanaand vanaf 18:00 te kom deelneem aan die Stompie Strydom Gedenk Tennisrondomtalie by die Wesbank Tennisklub.
Die vreugdevure sal brand en diegene wat ‘n vleisie wil braai is welkom. Versnaperinge sal ook bedien word. (Deur Garnett Wicomb)

Be the first to comment on "Tennislegende se lewe gevier"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*