Colour Run ’n reuse-sukses

MEER as 300 deelnemers het Vrydag aan die Colour Run as deel van Wêreld Vigsdag op Oudtshoorn deelgeneem.
Meer as 100 atlete het in span verband deelgeneem, en die res indivi-dueel. Atlete is by die vyf waterpunte met gekleurde verf poeier gegooi, en moes ook ’n vraag oor Vigs beantwoord.
“Ons het meer as dubbel soveel inskrywings vanjaar ontvang as verlede jaar,” het kapt Hans van der Veen, voorsitter van die Vigs Welsynkomitee se Suidkus Gesondheidsentrum, gesê.
Atlete het die oggend 09:00 weggespring, en sowat 5 km deur Oudts­hoorn se strate gehardloop.
Deelnemers, jonk en oud, het nie net kleurvol by die eindpunt aangekom nie, maar dit geweldig baie geniet, sê Van der Veen. (Deur Angelique Erasmus)

Be the first to comment on "Colour Run ’n reuse-sukses"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*