Tekkies klap by Kango-maraton

Onder: Twee van die Oudtshoorniete wat aan die Kango-maraton deelgeneem het is Dr Francois Genis (voor) en Dr Glen Carlisle (agter). Foto: Facebook

DIE gewilde Kango-maraton wat deur die Oudtshoorn Infanterie Skool aangebied word, het Saterdag, 24 Februarie in Oudtshoorn plaasgevind.

Die maraton se wegspringpunt was by die Kango Grotte. Daar was hierdie jaar 788 atlete wat aan die maraton deelgeneem het en 546 atlete aan die halfmaraton.

In die 42,2 km was Willlard Jussah van die Nedbank atletiekklub die eerste man oor die wenstreep met ’n tyd van 2:31:10. Landie Greyling van Maties atletiekklub was die eerste vroulike atleet oor die wenstreep. Haar tyd was 2:52:09.

In die halfmaraton het Lloyd Bosman, ook van die Nedbank atletiekklub eerste klaargemaak met ’n tyd van 1:05:10. Die eerste vroueatleet oor die wenstreep was Nikki Walter van die Knysna Maratonklub met ’n tyd van 1:27:58. (Deur Lindi Brill)