Tarren wen 61ste Parkrun

Tarren Jullies tydens 'n vorige parkrun. (Foto Garnett Wicomb)

TARREN JULLIES het Saterdag (10 Julie) stof geskop in die oë van almal wat aan die 61ste virtuele Oudtshoorn Parkrun deelgeneem het, met ’n tyd van 24 minute 43 sekondes.

Die vorige week se wenner, Francois Le Roux, was tweede met ’n tyd van 26 minute 7 sekondes. Jullies se wederhelf, Conrad, was in die derde plek met sy tyd van 27 minute 43 sekondes. Die res van die deelnemers, met hul tye, was Annemarie le Roux (29:37), Abraham Hendricks (29:57), Bart Saaiman (30:48), Hildegarde Bruwer (34:32), Sylvia le Roux (37:55), Garnett Wicomb (45:00) en Echbert le Roux (57:06). (Deur Garnett Wicomb)