Tarren weer vinnigste tydens Parkrun

TARREN JULLIES het Saterdag (15 Mei) weer die vinnigste tyd aangeteken in die weeklikse virtuele Oudtshoorn Parkrun met ’n tyd van 24 minute 56 sekondes.

Francois le Roux se tyd van 25 minute 38 sekondes was die tweede vinnigste, met Conrad Jullies die derde vinnigste met sy tyd van 27 minute 15 sekondes.

Die ander deelnemers aan die 53ste virtuele Parkrun was Henry Carstens (27:28), Hildegarde Bruwer (28:17), Bart Saaiman (29:21), Sunil Soman Beni (29:44), Sylvia Le Roux ((35:44), Helena Smit (36:22) en Garnett Wicomb (52:26). (Deur Garnett Wicomb)