
Sowat 200 brawe fietsryers het die naweek aan die Ronde van Swartberg se 100 en 50 myl deelgeneem.
Die 100 myl het 07:30 op Saterdagoggend in Prince Albert weggespring om die 170 km aan te pak.
Die roete neem hulle deur Klaarstroom, Meiringspoort, De Rust, Oudemuragie, en dan terug na Prince Albert oor die Swartbergpas. Die totale klim raak aan 3 km, met sowat 2 900 m. Daar was 140 deelnemers in hierdie katagorie.
Die middelroete, ook bekend as die 50- myl is sowat 80 km. Deelnemers het om 09:30 in De Rust weggespring. Hierdie groep fietsryers klim sowat 1850 m. 60 deelnemers het hierdie afstand aangepak.
Die afsnytyd vir albei afstande was 16:30, net voor die Swartbergpas se begin.
Alhoewel die dag redelik warm was, het net sowat 5% fietsryers uitgeval.
Hierdie is deel van 7 reekse fietsrenne in die Ronde van Riebeek reeks, wat fietsryentoesiaste in die
Wes-Kaap aanpak. (ANGELIQUE ERASMUS)
