Lorenzo Godfrey kom die bal behoorlik by tydens die Erfenis Hope Sixes-kriekettoernooi Saterdag op die Plate. Godfrey van Bongule-thu Krieketklub is as die Kolwer van die toernooi aangewys. Foto: Ebenezer Titus
DIE SWD Krieket T20-liga skop die naweek af.
Verlede jaar se kampioenspan, Union Stars, speel Sondag op die Bridgton Sportgronde (Plate) teen Glen Roses (09:00), Beaufort-Wes (12:00) en Bongolethu (15:00) in poel A-wedstryde.
In poel E is Western Hope reeds Saterdag op die Plate in aksie teen Ladismith (09:00), Sussex (12:00) en Mosselbaai (15:00).
In poel G speel Dysselsdorp Saterdag op die Rosemoor Sportgronde teen George (12:00) en Ramblers (15:00).
In poel H pak Harlequins Saterdag vir NMU (09:00), SWD o.19 (12:00) en Wilderness Vipers (15:00) op die Weermagsportgronde (Oudtshoorn).