Marius Wilken (links) en Terry van Coller (regs) was die wenners van Saterdag se gholfkompetisie ten bate van ODIN. By hulle is Colleen Smith (middel) van ODIN wat die dag georganiseer het. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se 4- BBB Stableford-gholfdag Saterdag ten bate van ODIN (Oudts-hoorn Dogs In Need) is gewen deur Terry van Coller en Marius Wilken met ’n telling van 47 punte.
Altesame 60 spelers het aan dié geslaagde fondsinsameling van ODIN deelgeneem.
Theo Fourie en Danie Ter-blanche, ook met 47, was op ’n uittel tweede. Hierna het gevolg Ingo Hubert en NJ van Rensburg (46), Dawid Greeff en Paul Stroebel (44), en Jaco Mortlock en Louis Fourie (sr) met 43 punte in die vyfde plek.
Llewellyn Rheeder het op die derde sowel as die twaafde putjies die naaste aan die pen geslaan. Wanita Uys het op die 13de die verste dryf (vroue) geslaan en FJ Pretorius op die 16de die langste dryf (mans).
• Afd A van Woensdag, 25 Ju-lie, se maandelikse houespel is gewen deur Lollies van Rensburg met 71 houe. Louis Slabbert het afd B met 71 houe gewen en Gary Hutchings afd C met 69 houe. Hutchings was ook die algehele wenner.
Deon Barnard het die boerpot gewen. Winston Coerecius jr het op die 18de met twee houe die naaste aan die pen geslaan.
Winston Coerecius sr en Van Rensburg het spogtwees geslaan.