Bradley Arries, losskakel van Adias, hardloop met die bal in sy span se SWD Karooliga-wedstryd Saterdag op die Bridgton Sportgronde (Plate) teen White Roses van Uniondale. Adias het die wedstryd met 67-7 gewen. Adias speel Saterdag sy laaste wedstryd van die seisoen op die Plate teen Glen Roses van Avontuur. As hulle dié wedstryd met ’n bonuspunt wen, eindig hulle boaan die Karooliga-punteleer. Foto: Ebenezer Titus