Hoërskool Oudtshoorn (Struisies) se o.19 A-krieketspan het Vrydag, 6 Februarie, ’n indrukwekkende oorwinning behaal teen Langenhoven Gimnasium (Gimmies) se B-span op Langenhoven Gim se krieketveld.
Die wedstryd het van die begin tot die einde die Struisies se oorheersing gewys.
Gimmies het eerste gekolf, maar die Struisies se boulers het vroeg druk toegepas en gereeld paaltjies laat kantel.
Die tuisspan is uiteindelik vir slegs 95 lopies almal uit. In antwoord het die Struisies kalm en selfversekerd gekolf.
Keaton Lambaatjeen het met die kolf behoorlik die toon aangegee en ’n uitstaande beurt gespeel. Hy het 61 lopies van net 32 balle aangeteken en die wedstryd feitlik alleen beklink met aanvallende, maar beheerste kolfwerk.
Die Struisies het die teiken gemaklik bereik en 96 lopies vir slegs 2 paaltjies aangeteken.
Die span het dus die wedstryd met 8 paaltjies gewen. (GRANWILLE GOLIATH)
Struisies se o.19-krieketspan wen oortuigend teen Gimmies
Foto verskaf.