Struisies gee Kwaggas pak

DIE Hoërskool Oudtshoorn se eerste krieketspan het Saterdag op die Struisievelde sy eweknie van die Hoërskool Outeniqua met 39 lopies pakgegee.

Die Struisies het eerste gekolf en ’n teiken van 205 lopies gestel. Daarna het hulle die Kwaggas almal vir 166 uitgeboender.

Vir die Struisies het Migeal Vermeulen (53), Renaldo Swartz (52) en Justin Olivier (19) uitgeblink met die kolf.

Jaylin Pretorius, wat 4 paaltjies vir 29 lopies laat kantel het, was die Struisies se beste bouler. JG Marais (2/23) en Jaydin Louw (2/30) het ook goed geboul.

• Nog Struisie-sportnuus is dat Riaan Fortuin en Kerrighan Arries Wes-Kaapse erekleure vir fietsry by die jaarlikse Eden-prysuitdeling ontvang het. Die prysuitdeling was op 9 Desember.
Kerrighan het op 17 Desember die o.15-fietsry-afdeling van die Oudtshoorn Best Medstraatmyl gewen in ’n tyd van net 7 sek stadiger as dié van die o.23-Elitemanswenner.